Struktuur van die Aarde

Die lae van die Aarde en sy atmosfeer.

Die struktuur van die Aarde kom ooreen met dié van ander aardplanete. Omdat die Aarde makliker is om te bestudeer as die ander aardplanete, word die indeling van die Aarde in planetologie as standaard gebruik waarmee ander planete vergelyk kan word. Die Aarde word ingedeel in "sfere", wat onafhanklik van mekaar bestudeer word, maar ook onderling met mekaar verband hou. As geheel kan die Aarde dus ook as ’n stelsel beskou word: die stelsel Aarde.

’n Eerste onderverdeling is in ’n atmosfeer (die gasagtige omhulsel van die Aarde), ’n biosfeer (al die lewe op Aarde), ’n hidrosfeer (al die vloeibare water op Aarde) en ’n vaste Aarde (bestaande uit gesteentes wat opgebou is uit minerale en metale).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne